Afrikaans Pop Sanger Jaycee Crause, is baie stil, maar hier is ‘n bietjie inligting oor hom

Jaycee Crause se nuutste enkelsnit, MY GODIN is onlangs vrygestel en die reaksie op die liedjie is ongelooflik positief.

Met bekroonde liedjieskrywer, Rudi Claase en treffer vervaardiger Werner Beukes as kreatiewe skeppers van die liedjie word daar wyd bespiegel dat hierdie liedjie baie goed gaan doen in die Afrikaanse musiekmark.

Jaycee werk tans aan ‘n nuwe album en MY GODIN is die perfekte voorsmakie van wat van hom verwag kan word.

Hy kom al ‘n lang pad in die musiek bedryf en het besluit om die keer sy tyd te vat en rustig te werk aan ‘n nuwe album en die beste produk vir sy aanhangers te bied.
Jaycee het tot dusver drie albums uitgeruik en ons kan met trots sien dat elke album ‘n meer volwasse Jaycee weerspieel.

Prince Charming, sy vorige album het ‘n paar radio treffers opgelewer en hy poog dan ook om met hierdie nuwe album weer so te maak.

Loer hier onder na een van sy treffer musiekvideo’s:- Jaycee Crause – MY GODIN (Musiek Video)

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.