Nuwe musiekvideo vry gestel deur André Schwartz:- ‘Tweede Kans’

Die musiekvideo van André Schwartz se nuwe enkelsnit, Tweede Kans, is pas uitgereik en is besig om soos ’n veldbrand versprei.

“Ons het die video by Atlantic Studios (waar kykNET-programme, soos Suidooster en Tussen Ons, ook opgeneem word) in Kaapstad verfilm. Homebrew Films het dié projek vervaardig en beeldmateriaal van André se grootste hoogtepunte is uit die argiewe versamel en ingesluit in die eindprojek,” verklap Leo Smit, die uitvoerende vervaardiger van die sanger se nuutste album. “Die video self, het tien ure geneem om te verfilm en die opname is die dag nadat André klaar gemaak het met die Kaapse speelvlak van The Sound of Music.”

Die konsep agter hierdie meesterstuk was ’n spanpoging deur Leo en André en die inspirasie daarvoor het gekom toe hulle na ou foto’s gekyk het wat dié musieklegende onlangs opgespoor het uit sy jonger dae. Die idee daaragter, is om te reflekteer en te projekteer en half nostalgies terug te kyk na die dinge van die verlede en hoe dit jou na nuwe hoogtes dryf en jou lewenspad beïnvloed.

“Ons wou ’n video vervaardig wat saam met die lirieke ’n sterk boodskap kon oordra sonder om te letterlik te wees – en daardie boodskap is dat André uitsien na hierdie Tweede Kans saam met sy aanhangers,” sê Leo. Die musikante in die video moes regtig die akkoorde van die liedjie leer ter wille van geloofwaardigheid. “Die agtergrondbeligting wat gedurende die konsertdele van die video gebruik is, is ook spesiaal vir die video gebou.”

Loer hier onder na die nuwe musiekvideo:- ANDRÈ SCHWARTZ – Tweede Kans [AMPTELIKE MUSIEK VIDEO]

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.