Voorste Suid-Afrikaanse sangers kan nie wag om by Afrikaans is Groot in die Kaap op te tree nie

Suid-Afrika se voorste sangers is dit eens dat dit ‘n voorreg is om saam in die Moederstad te kan kom optree.

“Enigiets is spesiaal in die Kaapstad, selfs Afrikaans is Groot. Ek bedoel nou nie lelik teenoor die ander plekke nie, maar Kaapstad ís Kaapstad,” se Elvis Blue.

Op Vrydag, 17 Maart, en Saterdag, 18 Maart, is van ons land se beste Afrikaanse kunstenaars almal op één verhoog in die GrandWest Casino in Kaapstad te sien vir Afrikaans is Groot.

Van Karen Zoid en Emo Adams in die Weste tot Karlien van Jaarsveld en Bok van Blerk bo in die Noorde. Natuurlik is kunstenaars soos Bobby van Jaarsveld, Jannie Moolman, Corlea, Elvis Blue, Dewald Wasserfall, Lianie May, Steve Hofmeyr, Juanita du Plessis, Jay, Laurika Rauch en Riana Nel ook deel van dié ongelooflike produksie.

Die feit dat dié konsert ’n vierde keer sy buiging maak in die Moederstad, wys net dat Kapenaars produksies soos dié waardeer. Benewens die getroue aanhangers, kan die kunstenaars ook die opwinding proe, soos die produksie nader kom.

Volgens Riana Nel is waarna sy die meeste uitsien vir Afrikaans is Groot in die Kaap, om in die Kaap self te kan wees. “Die Kaap se gehore is altyd so entoesiasites – dit is lekker om vir hulle op te tree. Lekker mense, lekker musiek.”

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.